Monday, 24 November 2008

Klank

Klank ve klank slaan dit binne my
Stilte bring erkening, eer
Maar stil kani ve lank binne my,
Want klank wil dit maak diep in my

Klank om uiting te gee,
Te prys, te loof…klank,klank,
Klank slaan dit oor & oor
Heen & weer…
Klank van liefde, klank van lewe
Lewe weer!

Jy maak my lewendig,
Soos dromme slaan dit diep binne my siel
Ek kan dit nie ontken nie
Kan U nie ontken nie
Nie weerstaan nie
Ek probeer maar dit werk nie


My lewe is in Jou,
My vrede, my asemhaling…
Alles kom van Jou, is in Jou &
Is oor Jou

Klank diep binne my tot die lied van Jou plan speel!