Tuesday, 29 April 2008

Untitled

Stadig maar seker ontrek ek, stadig word ek minder, word ek weg.
Moet ek bang word of bly?
Is dit n stap nader aan my Vryheid of dieper in my hok, oh my donker hok;
Of is dit die hok wat vryheid bring?

Donker vir jou, maar lig vir my, lig vir jou maar donker vir my.

Wat is Vryheid in elkgeval? Wat is die kwalifikasie om dit te bekom? En wanneer jy vry is, is dit nie net n gedagte en nie realiteit nie?
Wat is realiteit? Maak ons dit op? Glo ons wat ons wil glo? Glo ons wat ander vir ons se? Volg ons nie maar net mense soos zombies, sonder lewe, sonder opinie?

Wat is die waarheid? En sal ons dit herken wanneer ons dit sien, hoor, voel? Hoe kan ons ander oordeel? Wie is ons om ander te kritiseer? Wanneer ons self nie perfek is nie, niemand is perfek nie. Maar ons doen, ons oordeel en glo ons self. Plaas ander in n hokkie, want eintlik is ons self daarin, maar my hokkie heti n spiel nie. Ek kani sien ek is in n hok, ek kani die slot sieni, net die geklang van die sleutels in my drome hoor, Ai my drome…

Monday, 21 April 2008

Ek hardloop

Ek hardloop,
Disi altyd leka nie, mar ek hardloop,
Sonder einde
Soms is die pad duister, soms lig

Ek hardloop

Ek hardloop weg van jou, weg van my
Ek hardloop sodat ek die wind deur my hare voel gly…
En vir n oomblik is ek vry

Ek hardloop…