Wednesday, 23 March 2011

Jy

JY is n prag kind, spog kind, kom kyk ons kind.
Jy is n mooi kind, slim kind, gawe kind met sagte hart en speel oë.
Jy is n wyse kind, kreatiewe kind, talent borrel in jou oor.
Jy is n laggende kind, n liefdevolle kind, skerp is jou intelegent.

Jy is nie perfekte kind, maar alles wat jy is,is perfek net so!

So sal die lewe hierdie kind n draai slaan in haar reguit pad.
Tog pak sy dit aan en hou net aan...in alles sal sy volhard!

So weet niemand wat voorlê vir hierdie kind, maar troos jou...sy is in God se hand!

Die Eenvoudige

Ek verlang na die eenvoudige.
Die gemak van die lewe, vol liefde en vrede. Toe tyd spandeer was saam met mense en nie op selfone nie.

Ek verlang na die dae van visvang saam my pa en my broers terwyl die vrouens klets in die bak van die son, en die water die siel die rus gee waarna hy dors.

Ek verlang na kuier saam my ma en susters by die local koffie winkel of Spur, waar ons praat en lag totdat die trane ons wange afdaal!

Ai, ek verlang na die eenvoudige. Toe kinders nog kon kind wees en nie besige lewens gehad het nie. Toe Sondag nog n rus dag was, wat met die familie spandeer was...toe winkels toe was en brood tuis gebak word...

Ek verlang na die eenvoudige in hierdie elektroniese, tegnologiese wêreld waarin ek myself vind.

Ek verlang, verlang na die eenvoudige, dis al.