Wanneer daar stilte is weet niemand niks. Dis dat die stilte sal breek wat ek vrees. Wat jy binne hou sal niemand weet. En een dag, op n gelukkige dag mag jy dalk dit wat binne is vergeet.
Wat n vreugdevolle dag, sal daai dag tog wees.
Wanneer jy kan lag sonder om binne te huil. Wanneer jy kan huil sonder om binne te lag. Dat dinge is wat dit regtig is, en dinge kan wees wat dit regtig wil wees.
Wat n vreugdevolle dag wat ek nie hoef te vrees nie. Nie hoef te vrees vir wat binne of buite aangang nie. Nie hoef te vrees vir geweld of vir vrede. Nie hoef te vrees vir jou of vir myself nie. n Vreeslose dag is die vreugdevolste dag.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Hey,
I COMPLETELY AGREE!!!!
xxx
Hmm Son, ek is saam met jou in diepe afwagting vir daardie wonderlikke dag!
Post a Comment