Ek verlang na die eenvoudige.
Die gemak van die lewe, vol liefde en vrede. Toe tyd spandeer was saam met mense en nie op selfone nie.
Ek verlang na die dae van visvang saam my pa en my broers terwyl die vrouens klets in die bak van die son, en die water die siel die rus gee waarna hy dors.
Ek verlang na kuier saam my ma en susters by die local koffie winkel of Spur, waar ons praat en lag totdat die trane ons wange afdaal!
Ai, ek verlang na die eenvoudige. Toe kinders nog kon kind wees en nie besige lewens gehad het nie. Toe Sondag nog n rus dag was, wat met die familie spandeer was...toe winkels toe was en brood tuis gebak word...
Ek verlang na die eenvoudige in hierdie elektroniese, tegnologiese wêreld waarin ek myself vind.
Ek verlang, verlang na die eenvoudige, dis al.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Ek verlang vandag saam met jou na daardie ongekompliseerde bestaan
Dankie:) Kan jy glo, ek soek die "like" knoppie by jou comment om te click haha.
Post a Comment