Friday, 08 July 2011

My siel

daar is iets waaraan my siel uiting wil gee, maar ek het niks, niks op papier...
sy wil iets se, sy praat maar ek hoor niks...dis bewolk, dig mis val my toe en ek kan haar nie sien nie..
op tye weet sy self nie wat aan gaan nie, en vra my vrae wat ek nie kan antwoord nie,
Wat nou, waarheen nou, wat se ek vir haar want sy vra vrae en wil antwoorde he wat ek nie het nie, ek het dit nie...
snaaks ek's tog nie verlore nie, eensaam nie, net nie seker oor die toekoms nie, die keuses, die reg en verkeerd...is daar nog so iets soos reg en verkeerd?
hmm jy sal seker nie verstaan nie, vir jou is als so maklik, die antwoord reg daarvoor jou..maak die move se jy, maar die move is scary... tog so opwindend!
wat sal die move aan my verander..miskien alles miskien niks? so maklik om jouself te verloor in als, in my...
die tyd stap aan vinnig maar te stadig...staan net stil vir n oomblik asb.

No comments: