Monday, 27 September 2010

My Gordyn

Daar is n vrou in die vou van my gordyn
Ek wonder wat's haar geskiedenis, ek wonder wat maak sy daar.

Daar is n baba in die vou van my gordyn
Hy lag nie en hy huil nie, hy is net daar.

Daar is n vou in die vou van my gordyn
Eindlose stories, gebeurtenisse, gedagtes...alles wat ek sien terwyl ek daar na staar.

No comments: